Skip Navigation Links
Tuis
Fakulteittuisblad
Oor Ons
Reünie-aktiwiteite
Fotogallery
Kontak Ons
Events
<March 2010>
SMTWTFS
28123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031123
45678910

TUISBLAD


UV-Landbou: 1958 - 2008

Die Universiteit van die Vrystaat se Landbouprogram (destydse Landboufakulteit) is vanjaar 50 jaar oud en groei steeds sterk.  Groot dinge kan nog in die toekoms verwag word, maar nou vier ons die sukses van 50 jaar se uitnemendheid.

Op 19 April 1963 is die indrukwekkende nuwe gebou van die destydse Fakulteit Landbou amptelik deur die Minister van Landboutegniese Dienste en Waterwese, mnr. P.M.K. le Roux geopen.  Dié gebeurtenis was nie alleen 'n mylpaal in die ontwikkelingsgeskiedenis van die Universiteit nie, maar ook in Suid-Afrikaanse landbou.

Die Landboufakulteit, Natuurwetenskappe en Bouwetenskappe het in 2002 saamgesmelt en een fakulteit gevorm.  Met hierdie groot verandering word die Fakulteit Natuur-en Landbouwetenskappe ook een van die grootste fakulteite aan die Universiteit van die Vrystaat met 19 departemente, vyf sentrums, een instituut en ‘n proefplaas. 

In 2008 het 1 016 voorgraadse studente in landbouverwante kursusse ingeskryf, teenoor 969 in 2007 en 897 in 2006.

Die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe streef vandag steeds daarna om uitnemende, markgerigte opleiding aan studente te verskaf, wat hulle gereed maak om hul plek in die besigheidswêreld vol te staan.